Vakkeusevoorligting
Graad 9-vakkeusevoorligting
Hierdie diens behels 'n psigometriese assessering van persoonlikheid, aanleg en belangstellings, individuele gespreksessie, asook 'n geskrewe verslag van die resultate en aanbevelings. Aanbevelings word objektief, onpartydig en met inagneming van die leerder se profiel, asook sy/haar skool se vakkeusepakket gemaak. Die leerder word ook bewus gemaak van die invloed wat sy/haar keuses op 'n naskoolse studieprogram en/of loopbaan kan hê.
Vir meer inligting oor vakkeuse werkswinkels vir graad 9 kliek hier.
Vakkeuse vir studie aan die Universiteit Stellenbosch (Graad 9)
Die keuse van vakke vir graad 10 is 'n besluit wat 'n groot impak op elke leerder se toekomstige beroep en tersiêre studie-opsies het. Die vakke wat deur 'n leerder gekies is, kan maak dat loopbaan opsies toeganklik is of nie, of die opsies beperk in sommige gevalle. Dit is dus nodig om vakke te neem wat die optimalisering van moontlikhede gee, maar wat ook in lyn is met die leerderse belange, persoonlikheid en aanleg.
Die volgende assesseringsinstrumente word gebruik:
1. Belangstellingsvraelyste
Twee gestandaardiseerde belangstellingsvraelyste word gebruik, wat die volgende assesseer:
- Belangstelling in verskillende werk-gerigte aktiwiteite met die oog op vakkeuses (gr 9’s) en verdere loopbaanbeplanning.
- Identifiseer ook ’n kombinasie van sterk en ondersteunende loopbaanbelangstellings en gee ’n aanduiding van belangstellings wat laag is en dus beperk behoort te word met betrekking tot loopbaankeuses.
2. Persoonlikheidsvraelys
Hierdie gestandaardiseerde vraelys word gebruik om ’n kliënt se unieke persoonlikheidsvoorkeur te bepaal en om te kyk watter toekomstige werksomgewing sy/haar persoonlikheid moontlik sou komplementeer, bv hoeveel interpersoonlike kontak hy/sy wil hê, hoeveel struktuur nodig is in daaglikse take ens.
3. Aanlegtoets
Hierdie gestandaardiseerde toets gee ‘n aanduiding van ‘n kliënt se relatiewe sterkpunte ten opsigte van akademiese vermoë relatief tot ’n gestandaardiseerde verwysingsgroep (dws portuurgroep met vergelykbare opvoedkundige agtergrond). As deel van ’n omvattende assesseringsbattery kan aanlegtoets uitslae aangewend word om moontlike sukses in spesifieke studierigtings / opleidingsprogramme / loopbaanvelde, te bepaal.
Koste van diens
Die koste is R1 300 per individuele leerder en sluit 'n 4 - 4,5 uur lange assesseringsessie, 1 uur persoonlike terugvoer en 'n geskrewe verslag in.
NAVRAE EN BESPREKINGS
Sentrum vir Voornemende Studente
Victoriastraat 45, Stellenbosch
Tel: 021 808 4709
Faks 021 808 4708
E-pos: maties@sun.ac.za
| FAKULTEIT |
MOONTLIKE LOOPBAANOPSIES |
VAKKE WAT AANBEVEEL OF VEREIS WORD |
| GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE | Mediese dokter; dieetkunde; fisioterapeut; arbeidsterapeut; spraak-taalterapeut. | Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe |
| AGRIWETENSKAPPE | Bosboukundige; voedselwetenskaplike; beroepe in diere- en gewasproduksie; bewaringekoloog; landbou-ekonoom; wynmaker; kelderbestuurder; beroepe in agronomie, grondverbouing of agritoerisme; algemene boerdery; konsultant. |
Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe |
| LETTERE EN SOSIALE WETENSKAPPE | Menslikehulpbronbestuurder; sportwetenskaplike; inligtingspesialis; politikus; sielkundige, maatskaplike werker; akteur; dramaturg; grafiese ontwerper; kunstenaar; staatsamptenaar; taalkundige; musikant; joernalist (nagraadse program); projekbeplanner; onderwyser. |
Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid (hang af van jou proggramkuese) |
| EKONOMIESE EN BESTUURWETENSKAPPE | Geoktrocieerde rekenmeester; bestuursrekenmeester; aktuaris; ekonoom; entrepreneur; beleggingsbestuurder; finansiële bestuurder, bemarkings bestuurder, menslik- hulpbronbestuurder; logistieke bestuurder; risikobestuurder; rekenaarwetenskaplike(IT); bedryfsielkundige. |
Wiskunde, Afrikaans en Engels (*Uitsondering: BComm Bestuurswetenskappe - Afrikaans of Engels) |
| OPVOEDKUNDE | Onderwyser: grondslag-, intermediêre of senior fase (R tot 9); opvoedkundige sielkundige; (indien jy n hoêrskoolonderwyser wil word, moet jy eers 'n B-graad doen met die vak(ke) waarin jy wil onderrig en dan die Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS)). | Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid |
| INGENIUERSWESE | Chemiese, siviele, elektriese en elektroniese, meganiese, megatroniese of bedryfsielkundige. | Wiskunde en Fisiese Wetenskappe |
| REGSGELEERDHEID | advokaat; prokureur; regsadviseur. | Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid(hang af van jou programkeuse) |
| NATUURWETENSKAPPE | Ekoloog; fisioloog, biochemikus;mikrobioloog; biokinetikus; sportwetenskaplike; sielkundige; fisikus; geoloog; GIS-spesialis; onderwyser; rekenaarwetenskaplike (IT); wiskundige statistikus. | Wiskunde en Fisiese Wetenskappe, Lewensweten- skappe word sterk aanbeveel indien jy n program in die Biologiese Wetenskappe will volg |
| TEOLOGIE | Predikant; pastoor; jeugwerker; pastorale terapeut; beroepe in gemeenskapsontwikkeling | Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid |
Klik hier om na die Pace loopbane blad te gaan





