Skole

Loopbaan- en vakkeuse voorligting
 
Die Sentrum vir Voornemende Studente (SVS) in samewerking met geregistreerde sielkundiges, bied loopbaan- en vakkeuse voorligting by die Stellenbosch-kantore aan. Voorligting kan in 'n skool aangebied word op versoek ('n minimum aantal leerders word gewoonlik vereis).
Graad 9-vakkeusevoorligting

Hierdie diens behels 'n psigometriese assessering van persoonlikheid, aanleg en belangstellings (in groepsverband by die skool), individuele gespreksessie, asook 'n geskrewe verslag van die resultate en aanbevelings. Aanbevelings word objektief, onpartydig en met inagneming van die leerder se profiel, asook sy/haar skool se vakkeusepakket gemaak. Die leerder word ook bewus gemaak van die invloed wat sy/haar keuses op 'n naskoolse studieprogram en/of loopbaan kan hê.

Graad 11- en 12- loopbaanvoorligting

Hierdie diens behels 'n psigometriese assessering van persoonlikheid, aanleg en belangstellings, individuele gespreksessie (in groepsverband by die skool), asook 'n geskrewe verslag van die resultate en aanbevelings.

Aanbevelings word objektief, onpartydig en met inagneming van die leerder se profiel, gemaak. 'n Verskeidenheid van programme van verskillende tersiêre instansies word aan die kliënt bekend gestel. Leerders word ook aangemoedig en bemagtig om self gerigte loopbaannavorsing te doen, ten einde moontlike loopbaan- en studiebesluite te kan maak.

Werkswinkels oor loopbaan- en vakkeuses kan ook op versoek aangebied word. 

KONTAK ONS VIR NAVRAE EN KOSTE VAN DIENSTE:

Tel: 021 808 4709

Faks 021 808 4708

E-pos: maties@sun.ac.za

Vir interne gebruikers:

Open asseblief u inet-key om optimale gebruik te verseker