Volledige inligting aanlyn by www.maties.com
Volledige inligting en vorms aanlyn by www.maties.com
Om aansoek te doen om toelating tot die Universiteit:
- Kry jou studentenommer
- Doen elektronies aansoek by www.maties.com onder "E-aansoek"
- Of vra ’n vorm aan by die Kliëntedienssentrum en doen so aansoek
- Kliëntedienssentrum: 021 808-9111 / info@sun.ac.za /
- Adres: Toelating, Universiteit Stellenbosch, Privaatsak X1, MATIELAND, 7602
Neem kennis van die sluitingsdatums vir aansoeke:
Keuringsprogramme by Gesondheidswetenskappe: 31 Mei
Keuringsprogramme by Regsgeleerdheid en Opvoedkunde: 30 Junie
Ander keuringsprogramme: Kyk by "programme" in Toelatingsvereistes vir Voorgraadse Programme
Nie-keuringsprogramme (koshuisinwoning ingesluit): 30 Junie
Nie-keuringsprogramme (koshuisinwoning uitgesluit): 30 September
Toelatingsvereistes vir universiteitstudie:
- ’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) soos gesertifiseer deur Umalusi met toelating tot baccalaureusgraadstudie
- ’n Prestasievlak van misntens 4 in elk van vier skoolvakke uit die lys van universiteitstoelatingsvakke* (een van die vakke moet Afrikaans of Engels wees)
- Skryf Universiteit Stellenbosch se Toegangstoetse (TGT’s) vir die program(me) waarvoor jy aansoek doen
- Vir die TGT’s en NSS gesamentlik in die verhouding 40:60, behaal ’n gemiddelde persentasie soos volg:
- Vir die fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe se programme: minstens 60%
- Vir die Fakulteite Natuur- en Agriwetenskappe se programme: minstens 55%
- Vir al die ander fakulteite se programme: minstens 50%
- Die vak Lewensorientering se punt word nie gebruik vir die berekening van hierdie gemiddelde nie.
- Ons maak jou TGT-gemiddelde aan jou bekend.
*Sien die brosjure oor Toelatingsvereistes vir Voorgraadse Programme, of besoek www.maties.com vir ’n volledige lys van Universiteitstoelatingsvakke.





