Moenie die Ingenieurswese Opedag misloop nie!

Moenie die Ingenieurswese Opedag misloop nie!

 Kom kyk hoe maak ingenieurs ons lewe interessant en makliker by die Fakulteit Ingenieurswese se gewilde jaarlikse Opedag op Saterdag 16 April 2011!

Besoek ons enige tyd tussen 09:00 en 14:00 en kyk na tientalle opwindende uitstallings en demonstrasies wat sal toon hoe wetenskap en tegnologie ingespan word tot voordeel van die mensdom. Die Opedag vind plaas by die Ingenieurswese gebouekompleks, hoek van Banghoekweg en Joubertstraat (oorkant die Verkeersdepartement).

Toegang is gratis en almal is welkom!

Vir navrae, kontak gerus vir Avril Ford by tel 021 808-3614 / e-pos aford@sun.ac.za / webwerf www.eng.sun.ac.za


Vir interne gebruikers:

Open asseblief u inet-key om optimale gebruik te verseker