KOM LEEF JOU DROOM...
’n Stellenbosch-kwalifikasie is die eerste stap na jou droomloopbaan. Daarmee kry jy die vaardighede om jou plek in ’n mededingende arbeidsmark vol te staan. Kom leer by ervare kundiges, trek voordeel uit ons moderne sport-en leerfasiliteite en benut al die geleenthede hier om jouself uit te leef. En beste van alles – doen dit op een van die mooiste kampusse ter wêreld.
As jy nog nie heeltemal oortuig is nie...
- Stellenbosch is bekend vir sy onderrig van gehalte, innoverende akademiese programme en, deur informasietegnologie vir jou te laat werk, effektiewe leergeleenthede.
- Ons ondersteun ons studente. Die Eerstejaarsakademie is ’n inisiatief wat met vroeë assessering en tutorprogramme eerstejaarstudente help om suksesvol te studeer.
- Ons biblioteekgeriewe is asemrowend. Buiten ’n groot versameling inligtingsbronne, het die JS Gericke-biblioteek ook ’n splinternuwe Leersentrum vir voorgraadse studente - die eerste van sy soort op ’n Suid-Afrikaanse kampus.
- Stellenbosch is een van die drie topnavorsingsuniversiteite in Suid-Afrika.
Inligting wat jou kan help om jou drome te begin uitleef, is op hierdie webwerf. As jy nie kry waarna jy soek nie, kontak gerus die Sentrum vir Voornemende Studente en ons help graag waar ons kan.
![]() |
![]() |
|








