September 9, 2010
Universiteit Stellenbosch
Hoe doen ek aansoek?

Stap 1:  Let op die Sluitingsdatum vir aansoeke:

- Keuringsprogramme by Gesondheidswetenskappe: 31 Mei
- Keuringsprogramme by ander fakulteite: 30 Junie
- Ander programme( verblyf uitgesluit): 30 September
- Koshuisverblyf: 30 Junie

Nagraadse studente
moet die betrokke
Fakulteitsekretaris kontak vir sluitingsdatums van nagraadse aansoeke.

Stap 2: Doen e-aansoek of kry die voorgeskrewe vorm
  • E-aansoek
  • Vra dit per pos aan: Afdeling Toelating, Universiteit Stellenbosch, Privaatsak X1, MATIELAND 7602
    NB: Indien die vorm per pos aangevra word, moet die volgende inligting die versoek vergesel: Persoonlike inligting (Naam en van)en Kontakinligting (Volledige posadres of e-posadres).
  • Haal dit persoonlik af by: Die Navrae Toonbank, Administrasie Gebou A, Stellenbosch.
  • Vra dit telefonies aan:  +27 21 808-9111
Stap 3: Voltooi die e-aansoek of vorm
Stap 4: Betaal die Aansoekgeld

Let wel: Betaling van aansoekgeld kan tydens die e-aansoekproses, per tjek, posorder of kontant gedoen word. Die betalings kan of persoonlik by die Universiteit se kassiere gemaak, of per pos aangestuur word. Kontant betalings moet persoonlik gedoen word.
(Meer oor betalingswyses)
Stap 5: Stuur die voltooide vorm en aansoekgeld (of bewys van betaling) aan:

Afdeling Toelating
Universiteit van Stellenbosch
Privaat Sak X1
MATIELAND 7602

Stap 6: En nadat die aansoek ontvang is?

Ontvangs word erken
en elke aansoeker:
  • Word per pos van die ontvangs van die aansoek in kennis gestel;
  • Ontvang 'n unieke nommer vir identifikasie, jou studentenommer (indien nog nie voorheen by die Universiteit gestudeer het nie);
  • Kan op die web (binne die studentportaal myMaties.com) gaan kyk wat die status van sy aansoek is.

LW Indien die vorm onvolledig is, word die vorm teruggestuur en word die aansoekprosedure vertraag.
Suksesvol of nie, elke aansoeker word per pos verwittig of die aansoek suksesvol was of nie.



» English


Kortpadskakels
E-aansoeke »
Status van aansoek »
Toegangstoetse »
Toelatingsbeleid »

Terme en Voorwaardes (.pdf)
Alle regte voorbehou © 2007 - 2010 Universiteit Stellenbosch