September 9, 2010
Universiteit Stellenbosch
» English
 

Beroeps- en vakkeuse voorligting aan voornemende studente

 

Die Sentrum vir Voornemende Studente (SVS) bied, in samewerking met geregistreerde sielkundiges professionele voorligtingsdienste om leerders te bemagtig om ingeligte vak- en loopbaankeuses te maak.

 

Dienste wat aangebied word:

 

§         Graad 9-vakkeusevoorligting

Psigometriese assessering van persoonlikheid, vermoë (aanleg) en belangstellings met individuele terugvoering aan leerders en ouers om leerders se selfkennis te integreer met die skool se vakkeuse-opsies.

 

Aanbevelings wat gemaak word, word objektief en onpartydig en in konteks van die leerder se persoonlikheid en belangstellings, asook sy/haar skool se vakkeusepakket gemaak. Die leerder word ook bewus gemaak van die invloed wat sy keuses op sy naskoolse studieloopbaan sal hê.

 

Die koste is R950 per individuele leerder en sluit in 'n 4 - 4,5 ure lange assesseringsessie, 1 uur persoonlike terugvoer en 'n geskrewe verslag. Dit word deur die sielkundige by die Sentrum vir Voornemende Studente op die Stellenboschkampus aangebied.

 

Die diens word ook by sekere skole in die Wes-Kaap aangebied en die koste beloop dan R750 per leerder ('n minimum aantal leerders moet deelneem).

 

§         Graad 11- en 12-beroepsvoorligting

Psigometriese assessering van persoonlikheid, vermoë (aanleg) en belangstellings met individuele terugvoering aan leerders en ouers om voornemende studente te bemagtig om self gerigte beroepsnavorsing te kan doen en loopbaansekerheid te kry. Die koste is R950 per individuele leerder by die Sentrum vir Voornemende Studente.

 

Aanbevelings wat gemaak word, word objektief en onpartydig en in konteks van die leerder se persoonlikheid, belangstellings en vermoë gemaak. 'n Verskeidenheid van programme van tersiêre instansies word na gelang van die leerder se profiel aan hom / haar bekendgestel.

 

Die koste is R950 per individuele leerder en sluit in 'n 4 - 4,5 ure lange assesseringsessie, 1 uur persoonlike teugvoer en 'n geskrewe verslag. Dit word deur die sielkundige by die Sentrum vir Voornemende Studente op die Stellenboschkampus aangebied.

 

Die diens word ook by sekere skole in die Wes-Kaap aangebied en die koste beloop dan R750 per leerder ('n minimum aantal leerders moet deelneem).

 

 

NAVRAE EN BESPREKINGS:

 

Sentrum vir Voornemende Studente

Victoriastraat 45, Stellenbosch

 

Tel: 021 808 4709

Faks 021 886 4365

E-pos: maties@sun.ac.za


Wat kan ek by Stellenbosch studeer? » Wat kan ek by Stellenbosch studeer? »
Vakkeuse vir studie aan US (Graad 9-10) »

PACE is 'n jeugontwikkelingsorganisasie wat spesialiseer in die verskaffing van loopbaanvoorligting en beroepsverwante inligting aan jongmense. Die organisasie se doel is om bekostigbare voorligting rakende loopbane en beroepe aan alle jongmense in Suid-Afrika te voorsien.

PACE het 'n loopbaaninligtings- en voorligtingsinstrument vir leerders van graad 9 tot graad 12 ontwikkel. Die belangstellingsgebaseerde vraelys help leerders met loopbaan- en vakkeuses en verskaf loopbaanverwante data wat die volgende insluit: 'n A-Z van loopbane, inligting oor die lengte van tersiêre studies,finansiële hulp en toonaangewende beroepe asook advies oor persoonlike bemarking.

Gaan na PACE



Die Vraelys vir Akademiese en Loopbaangereedheid vir Eerstejaarstudente is nou beskikbaar vir alle eerstejaarstudente wat voorwaardelik tot die US toegelaat is. Studente ontvang 'n SMS met 'n skakel na 'n webadres, sodat die vraelys per internet voltooi kan word. Die resultate word onmiddellik per e-pos aan jou e-posadres teruggestuur. Volledige wenke wat jy kan bestudeer, word saam met jou resultate gegee om jou te help om jou universiteitsgereedheid te verbeter voordat jy op die kampus aanland. Voltooi die vraelys gerus, dit is beslis tot jou eie voordeel.


Terme en Voorwaardes (.pdf)
Alle regte voorbehou © 2007 - 2010 Universiteit Stellenbosch