Wat gaan dit my kos?


Betalingsmoontlikhede

'n Volledige rekening vir die jaar word na afloop van registrasie tov elke student uitgestuur. Dit is die verantwoordelikheid van die student om 'n rekening aan te vra as een nie deur die pos ontvang word nie.  Dit bly ook die verantwoordelikheid van die student om toe te sien dat die korrekte rekeningadres (ook e-posadres) verskaf word.

Studente kan by die studenteportaal inteken vir die nagaan en opdatering van adresbesonderhede.

Indien die volle studiegeld vóór of op 31 Maart vereffen word, word 'n korting van 3% toegestaan indien die ouer of voog die voorgeskrewe vorm invul en by die Afdeling Studentegelde inhandig vir verwerking van die aansoek. (Nie van toepassing op internasionale studente nie.)

Let wel:  die volle bedrag studiegeld vir die betrokke jaar moet eers betaal word alvorens u aansoek om korting oorweeg kan word en u moontlik vir korting kwalifiseer.  Sodra die aansoek goedgekeur en verwerk is, word die betrokke persentasie kortingsbedrag terugbetaal.  Die korting mag dus nie deur die betaler op die volle bedrag bereken en daarvan afgetrek word nie.  

Korting op Studiegeld:
Indien drie of meer kinders uit dieselfde gesin gelyktydig vir voltydse programme aan die Universiteit ingeskryf is, kan 'n korting van 10% op studiegeld per student toegeken word. Dit sal slegs gedoen word indien die ouer of voog die voorgeskrewe vorm invul en by die Afdeling Studentegelde inhandig vir verwerking van die aansoek.

Studente kan hulle rekeninge op enige van die volgende maniere vereffen:

Standaard Betaalwyse

Voor of op 31 Mei:

75% van totale rekeninggelde wat oorbly nadat die eerste paaiement van studiegeld, en indien van toepassing, die eerste paaiement van inwoningsgeld, met registrasie betaal is.  

Voor of op 30 Sept:

Uitstaande balans op rekening


Betaling deur debietorderstelsel

7 Maandelikse paaiemente volgens die Universiteit se debietorderstelsel
(met inagneming van bedrae reeds tydens registrasie betaal)

Eerste paaiement:

Betaalbaar teen 1 Mei

Outomatiese aanpassing:

Indien bedrae na 1 Mei teen student se rekening gehef word.

Debietordervorm:

Laai dit hier af of verkry dit van die Afdeling Studentegelde, Admin A 2046

Inhandigdatum:

Voor of op 12 Maart. (GEEN laat aansoeke.)

Tydperk geldig:

Volle tydperk van studie OF 'n korter periode met 30 dae skriftelike kansellasie.



Betalings per pos aan:

Die Uitvoerende Direkteur: Bedryf en Finansies
Universiteitskantoor
Privaatsak X1
MATIELAND 7602


Betalings per kredietkaart:


Betalings direk in die Universiteit se bankrekening:

Naam: Stellenbosch Universiteit
Bank: ABSA
Rek nr: 0410204789
Takkode: 632005
Faks van depositostrokies: 021 808-3739


Klik hier vir 'n drukbare kopie van die bankbesonderhede vir direkte betaling van studenterekeninge.


Internetbetalings vanaf ABSA


Betalings kan persoonlik gedoen word by die kassiere:
KantoorureMa - Vr  08:00 - 15:30 

STELLENBOSCH
Die Kassiere
Blok A
Sentrale Administrasie

 

TYGERBERG
Die Kassiere
Kliniese Gebou
Fakulteit
Gesondheids-
wetenskappe
BELLVILLEPARK Die Kassiere Hoofgebou, Carl Cronjélaan, Bellville


Moontlike uitbetaling van kredietbalanse

Kredietbalanse wat op studentegeldrekeninge onstaan, behalwe dié van beurshouers, word op aanvraag ná afloop van die student se studie uitbetaal indien die volledige bankbesonderhede van die begunstigde (ingevul op die voorgeskrewe vorm) ontvang is. 
Beurshouers kan by die afdeling Studentegelde navraag doen oor die moontlikheid van uitbetaling van kredietbalanse wat voortspruit uit beursgeldbetalings.

Navrae
Afdeling Studentegelde
Tel: +27 21 808 4913
E-pos:
amcupido@sun.ac.za


English


Aansoekgeld »
Registrasiegeld »
Studiegeld »
Koste van Akkommodasie »
Etepakkette (koshuis) »
Studentegelde Jaarboek 2010 »
Hoe betaal ek? »
Elektroniese Kredietkaartbetaling »
Beurse en Lenings »

Navrae
Afdeling Studentegelde
Tel: +27 21 808 4519
E-pos: jcdb@sun.ac.za
          studenterekeninge@sun.ac.za
 

Mnr S Davidse
Tel: +27 21 808 3530

Mev E Dick
Tel: +27 21 808 4521

Kantoorure
Maandag tot Vrydag

Vir betaling: 08:00 - 15:30
Vir navrae: 08:00 - 16:30


Terme en Voorwaardes(.pdf)
Alle regte voorbehou © 2007 - 2010 Stellenbosch Universiteit