|
Studiegeld
Hier volg 'n verteenwoordigende uittreksel uit die Universiteit se onderrigprogram- aanbod met die benaderde studiegeld per jaar, soos van toepassing in 2010, daarby. Klik asseblief hier vir meer inligting oor beraamde studiegeld in 2011. Onthou asseblief dat dit net benaderde syfers is om 'n aanduiding te gee van wat die studiegeld ongeveer kan beloop. Verwys na die tabelle in Jaarboek 2010, Deel 3, vir 'n meer akkurate aanduiding.
Let asseblief daarop dat addisionele bedrae gehef mag word ter bekostiging van een of meer van die volgende studieverwante addisionele items: materiaalgelde (R100 - R2 000), reiskostes (R100 - R1 300), laboraoriumgelde (R100 - R2800), bedryfskoste vir sekere nagraadse programme (R2000 - R8000), programheffing (voorgraadse Ingenieurstudente: R3985; eerstejaar BComm Aktuariėle Wetenskap-studente: R6480), internetheffings (soos per gebruik), boekegelde (R1 000 - R3 000), ledegeld vir akademiese verenigings (R50 - R100), huisgelde vir koshuisstudente (R390), PSO gelde vir privaatstudente (R165) en parkeergelde (R150).
Vir meer besonderhede oor onderriggelde en/of informasie oor nagraadse gelde, raadpleeg die navrae lys of raadpleeg Jaarboek, deel 3, wat voorgraadse studiegeld en studie-verwante addisionele kostes per module aandui. Die meeste nuwe nagraadse inskrywings in 2009 se gelde word ook per module in Jaarboek, Deel 3, aangedui. 'n Volledige Studentegelde-Jaarboek kan ook aangevra word by Die Navrae Toonbank, Administrasie Gebou A, Stellenbosch, tel: +27 21 808-9111. 'n Elektroniese kopie kan ook deur die skakel hiernaas bereik word.
Kursus |
Bedrag |
|
BA |
R 22 880 |
|
BSc |
R 25 165 |
|
BScBosbou I - IV |
R 24 305 |
|
BSc Agric |
R 24 165 |
|
BComm
BComm (Aktuariėle Wet) |
R 25 720
R32 070 |
|
BRek (1ste - 2de jaar |
R 23 865 |
| BRek (3de jaar) |
R 27 470 |
|
BRek,LLB |
R 28 710 |
|
BScFisio & BScDieetk |
R 25 170 |
|
B in Arbeidsterapie |
R 26 760 |
|
BTh |
R 21 925 |
|
BMus |
R 21 195 |
|
BEd (Alg Ond) |
R 22 535 |
|
BIng |
R 28 260 |
|
LLB |
R 25 090 |
|
LLB (as 2de graad) |
R 25 740 |
|
MB, ChB (1ste jaar) |
R 27 760 |
|
MB,ChB (2de - 6de jaar) |
R 35 775 |
|