|
Die Universiteit Stellenbosch se betrokkenheid by skole
Nasionale statistieke toon aan dat ongeveer 50% van studente in hoër onderwys nooit afstudeer nie en dat die grootste uitvalsyfers meestal in die eerste akademiese jaar plaasvind. Daar is uiteenlopende redes vir die hoë uitvalsyfer, maar een van die grootste hiervan is die gaping tussen skool en universiteit. In die lig hiervan is dit vir die Universiteit Stellenbosch baie belangrik om betrokke te raak in skole en kontak te maak met leerders - nie net om leerders vir verdere studie voor te berei nie, maar ook om hulle aan die węreld van die universiteit bloot te stel.
|
 |
|
2010 Maties Kalender vir Voornemende Studente
|