September 11, 2010
Universiteit Stellenbosch

Daar is ook ondersteuning vir onderwysers

Die visie van die Instituut vir Wiskunde- en Wetenskaponderwys (IWWOUS) is om deur effektiewe onderrig en leer gelyke deelname en verhoogde prestasie in Wiskunde en Wetenskap in voorheen benadeelde gemeenskappe te bevorder.

 

Die volgende dienste word vir onderwysers aangebied:

·      Die Universiteit Stellenbosch bied geakkrediteerde indiensprogramme aan vir onderwysers met ʼn professionele onderwyskwalifikasie (bv. HOD of DE ) ten einde die Gevorderde Sertifikaat in Onderwys (GSO) in Inligtingstegnologie, Lewenswetenskappe, Wiskundige Geletterdheid, Wiskundige Wetenskappe of Fisiese Wetenskappe te bekom, op voorwaarde dat 'n voldoende aantal studente inskryf . IWWOUS administreer hierdie programme en is mede-aanbieders en doen ook skoolbesoeke om onderwysers by te staan met die implementering van nuut verworwe vaardighede.

•    IWWOUS bied van tyd tot tyd wanneer fondse beskikbaar is, geakkrediteerde en/of nie-geakkrediteerde kortkursusse aan om onderwysers op te lei in inhoud en pedagogie in Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe en Wiskunde.

•    IWWOUS bied intensiewe indiensopleiding in uitgesoekte skole aan in ooreenstemming met die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV)-beleidsdokument ten einde onderwysers se vakkennis en didaktiese vaardighede te verbeter;

•    ons mentor deelnemende onderwysers deur gereelde klaskamerbesoeke deur fasiliteerders om die implementering van nuwe vaardighede te verbeter;

•    ons moedig interaksie tussen onderwysers van verskillende skole (deel van eksamenvraestelle, ervaringe, ens.) aan omdat ons glo dat onderwysers nie in isolasie moet werk nie;

•    en ons verskaf konteksgebaseerde leer- en onderrigsteunmateriaal van hoë gehalte waar nodig.

•    IWWOUS staan onderwysers (en hul leerders) by in die uitvoering van wetenskaplike ondersoeke ooreenkomstig die Nasionale Kurrikulumverklaring. Ons organiseer ook die Stellenbosse streekskompetisie van die Ekspo vir Jong Wetenskaplikes (27 & 28 Augustus 2009) en moedig onderwysers aan om hul leerders (teen 3 Augustus 2009) in te skryf om aan hierdie kompetisie deel te neem. Deur deel te neem kry leerders die geleentheid om hul navorsing te vertoon en kommunikeer, ʼn verdere uitkoms van die NKV.

•    IWWOUS word van tyd tot tyd deur die Wes-Kaapse Departement van Onderwys gekontrakteer om onderwysers by die Kaapse Onderwysinstituut ( KOI ) in Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe en Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid op te lei.

IWWOUS werk tans in spesifieke stedelike skole in en om Kaapstad en in plattelandse skole in die Vredendal-omgewing.

 

Navrae:

Tel: 021 808 3483

Faks: n021 808 3000

E-pos: iwwous@sun.ac.za


Die Fakulteit Ingenieurswese bied deur die loop van die jaar 'n verskeidenheid interaktiewe inligtingsessies aan wat leerders, ouers en onderwysers vir die wêreld van Ingenieurswese voorberei.

 

Wiskunde- en Fisiese Wetenskappe-onderwysers (Woensdag 2 Maart): Onderwysers speel 'n belangrike rol om leerders met 'n loopbaankeuse te help. Om hierdie rede is dit belangrik dat onderwysers goed ingelig is wat betref die Ingenieurswese-graadprogramme, toelatingsvereistes, die behoefte in ons land aan ingenieurs, beurse en finansiële hulp vir studente wat hierdie opsie oorweeg, werksgeleenthede, ens.


English
Skole_inligting_shared

Kontak ons

Sentrum vir Voornemende Studente

US se betrokkenheid by skole

2010 Jaarkalender van aktiwiteite
US Opedag

Ondersteuning aan leerders

Beroepsleiding en Studievaardighede
Vakkeuse vir Studie aan US (Graad 9 - 10)
Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie
Taal en Kultuur
Rekeningkunde en Ekonomie

Ondersteuning aan Onderwysers

Ondersteuning aan Onderwysers





Ondersteuning aan grondslagfase-onderwysers

 

Die Khanyisa Learning Project: Ikaya Primary School Foundation Phase het ten doel om onderwysers te bemagtig om lees-, denk- en skryfvaardighede in die grondslagfase aan te bied.

Werksessies word een Donderdag per maand vir agt maande op die Stellenbosch-kampus aangebied aan onderwysers wat in hierdie fase klasgee.

Daar is geen koste verbonde aan die werksessies nie.

 

Navrae:
Wina du Plessis
Matie Gemeenskapsdiens
tel: 021 808 3642
e-pos: wjdp@sun.ac.za

 

Terms and Conditions (.pdf)
All rights reserved © 2007 - 2010 Stellenbosch University