|
Hoe weet ek of ek die regte vak- en beroepskeuse maak?
Dit is vir baie leerders 'n verwarrende en oorweldigende ervaring om die regte vak- en beroepskeuse te maak. Daar is soveel opsies en dit is dikwels moeilik om op jou eie goed deurdagte, ingeligte vak- en loopbaankeuses te maak. In die lig hiervan bied die Universiteit Stellenbosch die volgende professionele dienste aan:
Graad 9-leerders kan vir individuele vakkeuse-voorligting na die Universiteit se Sentrum vir Voornemende Studente kom. Tydens so 'n sessie word 'n psigometriese assessering van persoonlikheid, vermoë (aanleg) en belangstellings gedoen en individuele terugvoer aan leerders en ouers gegee. Die koste is R950 per leerder. Graad 9-leerders kan ook vir 'n groepsessie (minimum 15 leerders) na die Universiteit kom. 'n Psigometriese assessering van belangstelling sal vir elke leerder gedoen word en die uitslae sal teen die agtergrond van die spesifieke skool se vakkeuse-pakket in groepsverband bespreek word. Die koste beloop R100 per leerder.
Die Sentrum vir Voornemende Studente bied ook 'n psigometriese assessering van persoonlikheid, vermoë (aanleg) en belangstellings vir graad 11- en 12-leerders aan. Individuele terugvoer word aan leerders en ouers gegee ten einde die leerders te bemagtig om beroepskeuses te maak. Die kostes beloop R950 per leerder.
Vir Besprekings:
Eloize Fry
Tel: 021 808 4709 Faks: 021 886 4365
E-pos: maties@sun.ac.za
|
 |
|
Rus jou leerders toe met effektiewe studievaardighede
EquipU4, 'n eenheid van die Universiteit Stellenbosch, het 'n studievaardighede-DVD in drie tale (Afrikaans, Engels en isiXhosa) vervaardig wat die grootste studie-uitdagings wat vandag se leerders in die oë staar, aanspreek. Die DVD bestaan uit nege afdelings: Trek reg weg, Motivering, In die klas, Organiseer wat jy leer, Probleemoplossing, Selfstudie, Tydsbestuur en balans, Welwees en stres, en Toetse en eksamens. Die DVD, wat ideaal is vir leerders van graad 10 en ouer, kan teen R250 plus posgeld bestel word by Maretha Joyce, tel (021) 808 4585, of per epos: equipu4@sun.ac.za.
|
 |