|
Geleenthede in rekeningkunde - THUTHUKA
Thuthuka is 'n transformasie-inisiatief van die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters wat daarop gemik is om voorheen benadeelde leerders in skole aan te moedig om 'n loopbaan in die geoktrooieerde rekenmeestersveld te volg. Dié beursfonds het ten doel om die toetreegetalle van swart en bruin universiteitstudente in hierdie veld te verhoog en hul deurvloeisyfers deur middel van finansiėle en ander ondersteuning te verbeter.
Wanneer hierdie studente aan die Universiteit studeer, bied die Universiteit van Stellenbosch Thuthuka Program omvattende akademiese en nie-akademiese steun aan dié BRek-studente. Die studente neem deel aan verskeie interaktiewe lewensvaardighede- en werksplekgereedheid-werksessies. Daar word van studente verwag om vakansiewerk te doen asook om deel te neem aan 'n gemeenskapsinteraksieprojek van hul keuse. Die studente woon vir die duur van hul studies naby mekaar in universiteitsbehuising.
Navrae:
Departement Rekeningkunde Mev B Steenkamp of Mnr R Rudman
Tel: 021 808 3428
Faks: 021 886 417
|
 |
|
Matie-mentors maak deure vir skole op die aandelebeurs oop
Rachel's Angels is 'n Naspers-projek wat op studente van die Universiteit Stellenbosch en hoėrskoolleerders fokus. Ongeveer 100 studente-mentors neem graad 11-leerders onder hulle vlerk en help met onder meer huiswerk en om die oorgang van skool na universiteit makliker te maak. Leerders woon ook gedurende die jaar werksessies by wat op persoonlike ontwikkeling toegespits is. Die mentors en die leerders in hulle sorg word deur die loop van die jaar geėvalueer en indien hulle suksesvol is, ontvang die mentors R10 000 en die skole elk R50 000 se aandele in Welkom Yizani Beleggings Beperk of Phutuma Tathi Beleggings Bepers. Die projek is spesifiek op skole en leerders vanuit voorheen benadeelde gemeenskappe gerig.
Navrae:
Departement Ekonomie
Tel: 021 808 2247
Webwerf: www.rachelsangels.co.za
|
 |
|
Stellenbosch bied ook 'n na-matriekjaar
IWWOUS bied 'n eenjarige oorbruggingsprogram (SciMathUS) aan vir studente van benadeelde skole wat nie voldoen aan die toegangsvereistes vir hoėr onderwys nie en wat hul graad 12-punte in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe of Rekeningkunde wil verbeter ten einde toegang tot hoėr onderwys te verkry. ( Boekhou - studente skryf ʼn interne eksamen wat deur die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe goedgekeur is.)
Die program bied ook aan studente die geleentheid om ander algemene akademiese vaardighede wat nodig is om suksesvol op universiteitsvlak te studeer, te ontwikkel.
Slegs 100 studente per jaar word gekeur. Leerders van regoor Suid-Afrika kan aansoek doen.
Tel: 021 808 3483
Faks: 021 808 3000
E-pos: iwwous@sun.ac.za
|
 |