September 9, 2010
Universiteit Stellenbosch
  
    Skrywers besoek skole     

Skrywers besoek skole

 

As deel van die Woorde Open Węrelde (WOW)-projek, besoek skrywers skole en kry graad 12-leerders die geleenthede om skrywers uit hul voorgeskrewe kortverhaalreeks of digbundel te ontmoet en aan hulle vrae te stel. Vir hierdie projek word spesifieke skole in voorheen benadeelde gemeenskappe geteiken.

 

Navrae:

Fiona van Kerwel

Tel: 021 808 3472

Faks: 021 808 3809

Sel: 072 117 3483

E-pos: wow@sun.ac.za

Webwerf: www.woordfees.co.za


WOW-Drama-kompetisie

 

Graad 8 tot 12-leerders in skole met dramagroepe of wat Drama as skoolvak aanbied, word genooi om 'n teks uit die voorgeskrewe reeks van graad 10 tot 12 te kies, te verwerk tot hul eie produksie en in te stuur vir beoordeling. Die finaliste neem in samewerking met die Departement Drama aan intensiewe werksessies deel en die wenners word tydens 'n gala-dag aangewys. Die prysgeld word deur die ATKV geborg en belowende leerders ontvang ook gratis opleiding vir 'n kwartaal van die Helen O'Grady Dramaskool. Wengroepe tree op by die Woordfees. 
 

Kostes: Die inskrywingsfooi is R20. Die Woordfees subsidieer 'n gedeelte van die vervoeruitgawes van die skool.

 

Navrae:

Fiona van Kerwel

Tel: 021 808 3472

Faks: 021 808 3809

E-pos: wow@sun.ac.za

Webwerf: www.woordfees.co.za


Skole_inligting_shared

Kontak ons

Sentrum vir Voornemende Studente

US se betrokkenheid by skole

2010 Jaarkalender van aktiwiteite
US Opedag

Ondersteuning aan leerders

Beroepsleiding en Studievaardighede
Vakkeuse vir Studie aan US (Graad 9 - 10)
Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie
Taal en Kultuur
Rekeningkunde en Ekonomie

Ondersteuning aan Onderwysers

Ondersteuning aan Onderwysers



Terms and Conditions (.pdf)
All rights reserved © 2007 - 2010 Stellenbosch University