September 9, 2010
Universiteit Stellenbosch

ESKOM-Ekspo vir jong wetenskaplikes in die Stellenbosch-streek

 

Die Instituut vir Wiskunde- en Wetenskaponderwys (IWWOUS) bied aan onderwysers en leerders gespesialiseerde opleiding oor hoe om wetenskaplike ondersoeke in ooreenstemming met die NKV-beleidsdokument uit te voer.

Hulle organiseer ook die Stellenbosse streekskompetisie van Ekspo vir Jong Wetenskaplikes (26 & 27 Augustus 2010) en moedig onderwysers aan om hul leerders (teen 6 Augustus 2010) in te skryf om aan hierdie kompetisie deel te neem. Deur deel te neem, kry leerders die geleentheid om hul navorsing aan kenners te kommunikeer en deur hulle beoordeel te word.  Jaarlikse word daar ook verteenwoordigers van die streek gekies om aan die nasionale Ekspo-kompetisie in Pretoria deel te neem. 

Navrae:

Tel: 021 808 3482

Faks: 021 808 3000

E-pos: ehoff@sun.ac.za


  
    Ingenieurswese     
    Tegnologie Olimpiade     

As jy in Ingenieurswese belang stel

Die Fakulteit Ingenieurswese bied deur die loop van die jaar 'n verskeidenheid interaktiewe inligtingsessies aan wat leerders, ouers en onderwysers vir die wêreld van Ingenieurswese voorberei.

Die Ingenieurswese Opedag (Saterdag 17 April): Alle graad 8 tot 12-leerders is welkom om dié Opedag, waar daar sowat 60 interessante uitstallings en demonstrasies in Ingenieurswese aangebied word, by te woon. Finalejaarstudente begelei leerders in groepe deur die onderskeie departemente waar dosente en nagraadse studente beskikbaar is om vrae te beantwoord.

Ingenieurs-winterweek (Sondag 28 Junie tot Vrydag 3 Julie): Ongeveer 160 graad 11-leerders van oraloor woon in die wintervakansie hierdie week by en kry sodoende 'n duidelike prentjie van die wêreld van werk van die ingenieur. Soggens word praatjies deur praktiserende ingenieurs aangebied, in die middag vind besoeke aan ingenieursmaatskappye plaas en saans is daar spanbouprojekte en sosiale aktiwiteite. Die leerders gaan in 'n universiteitskoshuis tuis. Die koste beloop R1 200 per leerder (40 verdienstelike studente word deur die Dekaan geborg).

Vroue in Ingenieurswese-middag (Woensdag 9 September): Die afgelope paar jaar was daar 'n toename in vrouestudente in die Fakulteit Ingenieurswese. Die doel van die Vroue in Ingenieurswese-middag is om die mite dat die beroep slegs vir mans is, te weerlê. Suksesvolle vroue in die beroep sowel as in die fakulteit word genooi om hul ondervindinge te deel en oor die uitdagings vir die vrou in die bedryf te gesels.

Topleerders en hul ouers (Saterdag 24 Oktober). Toppresteerders in graad 11 word deur hul skole genomineer en word saam met hul ouers na 'n prestige-geleentheid van die Fakulteit Ingenieurswese genooi

Navrae:

Avril Ford
Tel: 021 808 3614
Faks: 021 808 4206
E-pos: aford@sun.ac.za

 


  
    Gesondheidswetenskappe     
    Mediese Museum     

Ervaar die beroepe in die Gesondheidswetenskappe

Die GESOG!-program in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, Universiteit Stellenbosch, is ʼn opwindende en interaktiewe inleiding tot die verskillende studierigtings op die Tygerberg Kampus. GESOG! is ʼn intensiewe evaluering van jou vermoëns. Jy sal aan aktiwiteite deelneem wat die ervaringe van ʼn student in die gesondheidswetenskappe simuleer; jy sal byvoorbeeld lesings bywoon, deelneem aan groepwerk, projekwerk, praktika en ʼn verskeidenheid plekke besoek waar daar na pasiënte omgesien word.

Jy sal ook heelwat inligting ontvang omtrent die vereistes vir jou spesifieke program, met ander woorde Dieetkunde, Geneeskunde, Arbeidsterapie, Fisioterapie, Spraak-Taal en Gehoorterapie . Jy sal ook die geleentheid kry om met studente wat tans by Tygerberg studeer, in interaksie te tree!

GESOG! behoort jou te help om ingeligte beroepskeuses te maak, jou doel te stel, en jou te motiveer om jou volle potensiaal te bereik.

Kom en ervaar eerstehands die vreugdes en die beproewings van die studentelewe in ʼn gesondheidswetenskappe-omgewing. Die program word aan graad 11-leerders uit voorheen benadeelde gemeenskappe gebied wat ʼn opregte belangstelling het in ʼn loopbaan in die gesondheidswetenskappe. Jou vakke moet insluit Wiskunde, Lewenswetenskap en Fisiese Wetenskap. Jy moet ook die wil en deursettingsvermoë hê om sukses te behaal.

GESOG! vind gedurende die Junie-Julie-skoolvakansie plaas. Daar sal van jou verwag word om op die Tygerberg Kampus te bly vir hierdie tydperk. Daar is geen koste aan verbonde nie! Akkommodasie en etes sal gratis verskaf word. Jy moet egter jou eie vervoer na en van die Tygerberg Kampus reël.

Aansoekvorms word na skole regoor die land gestuur en leerders wat werklik in die Gesondheidswetenskappe belangstel, word dan genomineer om by te woon. Slegs 100 leerders kan in die GESOG!-program geakkommodeer word. Keuring sal gebaseer wees op jou skolastiese en ander prestasies en belangstellings.

Navrae:
Mev EL Rohland
Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Tel: 021 938 9677
Faks: 021 931 3352
E-pos: elr@sun.ac.za


Winterweek vir Natuurwetenskaplikes 

Die gewilde Maties Natuurwetenskappe Winterweek van die Fakulteit Natuurwetenskappe gee spesifieke beroepsleiding aan graad 11- en 12-leerders wat belangstel in 'n loopbaan in die wetenskappe. Die week is die ideale kans vir leerders om op die Stellenbosch-kampus eerstehands by dosente en mense in die bedryf raad te kry oor watter studierigtings en beroepsopsies vir hulle nommerpas is. Dit help leerders om 'n keuse te maak uit die verskillende programme en studierigtings wat beskikbaar is, en stel hulle ook bloot aan 'n paar minder bekende beroepsrigtings soos dié van 'n stralings- en gesondheidsfisikus, 'n tekstielwetenskaplike, 'n geoinformatikus, 'n bewaringsgenetikus of 'n indringerspesie-spesialis.

Wanneer: Sondag 13 Junie tot 17 Junie 2010

Koste: R1000

Navrae:
Mariétta van den Worm
Fakulteitsbestuurder: Fakulteit Natuurwetenskappe
Tel: 021 808 3760
Faks: 021 808 3680
E-pos: mvdworm@sun.ac.za



» English
Skole_inligting_shared

Kontak ons

Sentrum vir Voornemende Studente

US se betrokkenheid by skole

2010 Jaarkalender van aktiwiteite
US Opedag

Ondersteuning aan leerders

Beroepsleiding en Studievaardighede
Vakkeuse vir Studie aan US (Graad 9 - 10)
Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie
Taal en Kultuur
Rekeningkunde en Ekonomie

Ondersteuning aan Onderwysers

Ondersteuning aan Onderwysers






Stellenbosch bied ook 'n na-matriekjaar (Post-Matriek)


IWWOUS bied ʼn eenjarige oorbruggingsprogram (SciMathUS) aan vir studente van benadeelde skole wat nie voldoen aan die toegangsvereistes vir hoër onderwys nie en wat hul graad 12-punte in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe of Rekeningkunde wil verbeter ten einde toegang tot hoër onderwys te verkry.
Die program bied ook aan studente die geleentheid om ander algemene akademiese vaardighede wat nodig is om suksesvol op universiteitsvlak te studeer, te ontwikkel.

Slegs 100 studente per jaar word gekeur. Leerders van regoor Suid-Afrika kan aansoek doen.
Navrae:

Tel:      021 808 3483

Faks:    021 808 3000

E-pos:   iwwous@sun.ac.za 

Terms and Conditions (.pdf)
All rights reserved © 2007 - 2010 Stellenbosch University