September 9, 2010
Universiteit Stellenbosch
Ondersteuning as ek eers hier is

» English

Universiteit stellenbosch gee om vir sy eerstejaars en wil elke student ondersteun om akademiese sukses te behaal. Uniek aan Universiteit Stellenbosch is die Eerstejaarsakademie (EA), 'n inisiatief wat spesifiek fokus op sukses in die eerste jaar. Die EA behels 'n groot verskeidenheid aktiwiteite wat doelmatig gekoördineer word. Van die dag wat jy by die Universiteit aankom, sal jy met die EA kennis maak.  

Algemene Dienste

Studentesake
Die Afdeling bied aan studente advies en ondersteuning, veral oor die groot verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite op kampus.  
Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling
Hierdie Sentrum ondersteun studente met hulle sielkundige ontwikkeling en welwees. Dit word gedoen deur die medewerking van spesialiste uit verskeie terreine van die Sielkunde en verwante dissiplines. Die Sentrum lewer ook steun aan studente wat vind dat hulle onseker is oor hulle studierigting en bied ook werkswinkels soos studievaardighede of stresbeheer aan. Die werkswinkels is deel van ons deurlopende program vir "Akademiese Leiding en Fasilitering vir Aanpassing"  
Studente met Gestremhede
Die Universiteit Stellenbosch is toegewyd daaraan om studente met gestremdhede wat aan die nodige akademiese vereistes voldoen, as volwaardige geďntegreerde lede van die studentegemeenskap op te neem. 


Akademiese Dienste

Biblioteekdiens
Die Diens bestaan uit die sentrale biblioteek (die JS Gericke Biblioteek), vyf tak- en satellietbiblioteke en 'n aantal departementele versamelings.  
Taalsentrum
Die Universiteit se Taalsentrum verskaf taalondersteuning en -dienste volgens die Universiteit se Taalbeleid en -plan. Die Sentrum bestaan uit vyf eenhede: die Eenheid vir Afrikaans en Engels, die Eenheid vir isiXhosa, die Eenheid vir Dokumentontwerp, die Skryflaboratorium en die Taaldiens. Hierdie eenhede is daar om jou te help, veral op die gebiede soos akademiese geletterdheid, professionele kommunikasie en die ontwikkeling van skryfvaardighede. Die Taalsentrum bied ook ©° taaldiens aan.  


Gesondheidsdienste

Kampusgesondheidsdiens (KGD)
'n Omvattende mediese diens vir die kampusgemeenskap word te Claassenstraat 7 in Stellenbosch, tussen Metanoia en Heemstede, gehuisves. Diensure: Weeksdae 08:00 - 17:00. Tel: 021 808 3496 Koste word gehef teen die minimum ingekontrakteerde tarief 
US Gimnasium
Sportgeneeskundediens (SUSPI)
'n Sportgeneeskundediens, wat sportdokters, fisioterapeute, biokinetici en sportwetenskaplikes insluit, word deur die Stellenbosch Universiteit Sportprestasie-instituut (SUSPI) op Coetzenburg aangebied. Die kantoor is geleë langs die Universiteit se gimnasium. 


Veiligheidsdienste

US Beskermingsdienste
USBD is 'n universiteitsafdeling wat interne sekuriteits- en veiligheidsdienste op die Stellenbosch-, Tygerberg- en Bellvillepark-kampus lewer. USBD lewer ook 'n ondersteuningsdiens met brand- en noodontruimingoefeninge aan alle universiteitsomgewings en koshuise. Ons dienssentrums word 24 uur per dag beman en is die aanmeldingspunte vir insidente soos diefstal, betreding en aanranding. Hulle dien ook as algemene inligtingsentrums.  
Groen Roete
Naas die gewone patrolliedienste, word die Groen Roete van 21:00 tot 06:00 aktief deur sekuriteitspersoneel te voet en per fiets gepatrolleer. Die gebruik van die Groen Roete word aanbeveel vir studente wat ná sononder te voet op die hoofkampus beweeg 




IT Dienste

IT Dienste


Studenteliggame

Studenteraad
Akademiese Belangeraad
Studente Sekuriteitsraad
Dienste op Tygerberg Kampus

Terme en Voorwaardes (.pdf)
Alle regte voorbehou © 2007 - 2010 Universiteit Stellenbosch