September 9, 2010
Universiteit Stellenbosch
Die Sentrum vir Voornemende Studente

Universiteit Stellenbosch se Opedag is 'n moet vir Graad 11's en 12's

 

Die Opedag van die Universiteit Stellenbosch, waarheen voornemende Maties en hul ouers stroom om nommerpas inligting in te win oor studierigtings, toelatingsvereistes, verblyf en finansies, het vanjaar op Vrydag 30 Julie plaasgevind.

By die Opedag kon Graad 11- en 12-leerders en hul ouers meer as 90 stalletjies besoek, met personeel gesels en program- en vakinhoude eerstehands ervaar. Kampustoere is deur die loop van die dag aangebied en koshuise is was oop vir besigtiging. Verskeie inligtingsessies deur Fakulteite en die Sentrum vir Voornemende Studente is ook aangebied. Die Opedag was vanjaar deur  nagenoeg 7000 leerders bygewoon.

As jy verder wil studeer, kan jy nie ons volgende Opedag op Vrydag 29 Julie 2011 misloop nie!

 


Meer oor die Opedag
Ons leef in 'n wêreld van oneindige keuses. En 'n studie- en beroepskeuse is  seker een van die belangrikste keuses wat jy alreeds op die skoolbanke begin  maak.Wat jy nodig het om die belangrike besluit te neem, is inligting. Die bymekaarmaak  van soveel moontlik studie- en beroepsinligting speel 'n deurslaggewende rol  in jou besluitnemingsproses. Hoe meer inligting jy kan bekom, hoe groter is jou  kans om 'n goeie en ingeligte besluit te neem.

Graad 12's, kom maak seker
As jy in graad 12 is en alreeds besluit het om 'n Matie te  word, kom vind dan uit oor alles waaroor jy nog onseker is. Weet jy  al watter vakke jy in jou program gaan volg, wat die vakke behels,  watter keusemoontlikhede bestaan tussen vakke en programme en watter  beroepsmoontlikhede vir jou voorlê?    Indien jy nie aanvaar word vir jou eerste keuse nie, het jy al 'n tweede keuse?  Stel jy belang in die Natuurwetenskappe of moontlik AgriWetenskappe? Moet nie hierdie geleentheid om meer hieromtrent uit te vind misloop  nie. 'n Hele nuwe wêreld sal vir jou oopgaan!

By die Opedag kan  jy ook meer uitvind omtrent watter ondersteuningsdienste vir jou beskikbaar is  wanneer jy 'n student is en hoed it jou kan help. En weet  jy al hoeveel jou program gaan kos en waar jy finansiële  steun kan kry?  Waar gaan jy bly?  Koshuis of privaat?

Graad 11's moet ook nou begin keuses maak.
Het jy geweet dat jy met jou graad 11-eindeksamenpunte na Stellenbosch Universiteit aansoek doen? Baie  graad 11-leerders besef nie hoe belangrik hulle punte in graad 11 is  nie en is ook nie bewus van die toelatingsvereistes wat die Univertsiteit  stel nie.Dit lei dikwels daartoe dat leerders se studie- en beroepskeurskeuses  beperk word", sê Hambly  Matthews, 'n voorligtingsielkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Alle universiteite stel toelatingsvereistes. Kom vind ook uit hoe werk die  keuringsproses vir Gesondheidswetenskappe, Ingenieurswese, Sielkunde en Regte en ander. En weet  jy wat jou Wiskunde-punt moet wees as jy 'n Ingenieur wil word? Is  jy bewus van die streng keuringsproses in die Gesondheidswetenskappe?  Jy kan dit alles by die Opedag uitvind!

Wat kan die Opedag jou bied?
Die Opedag word in die Neelsie (Langenhoven Studentesentrum) gehou en daar is nagenoeg 90 stalletjies om te besoek. Die Universiteit het 10 Fakulteite wat uitstal: Gesondheidswetenskappe, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Lettere en Wysbegeerte, Ingenieurswese, Natuurwetenskappe, Opvoedkunde, AgriWetenskappe, Regsgeleerdheid, Teologie en Krygskunde. Al  die fakulteite asook individuele departemente sal 'n stalletjie in die Neelsie  hê, met entoesiastiese kundiges wat kan raad gee. Kom ervaar sommer ook die polsende atmosfeer in die Neelsie, die middelpunt van Stellenbosch se kampuslewe! Naas die akademiese stalletjies kan leerders ook die Matie Studenteraad ontmoet en op 'n kampustoer geneem word. Die huiskomitees reël  ook dat hulle koshuise oop sal wees vir 'n toer. Kry meer inligting hieroor by  die koshuisstalletjie. Die studente wat nie in koshuise gaan bly nie en van privaat  verblyf gebruik wil maak, kan meer uitvind oor die studentelewe in Stellenbosch  by die stalletjie vir privaat verblyf. Verskillende ondersteuningsdienste soos Beurse en Lenings , Studentegelde, Sportburo, Studente en Akademiese Steun sal ook in die Neelsie wees. As jou skoolvoorbereiding nie heeltemal toereikend is nie, kan die universiteit se brug-, akademiese inleidings-, verlengde graad- en mentorprogramme jou gedurende jou studie tydperk ondersteun.

Sentrum_info_shared

Sentrum vir Voornemende Studente

Algemene inligting
Kontak ons
Wil u meer inligting van die Universiteit Stellenbosch ontvang?

Opedag
Uitnodiging
Algemene inligting
Benut die Opedag
Besprekingsvorm vir skole
Aflaaibare program

Uitstallings en Oueraande
Toegangstoetse

Waar is ons?
Die Sentrum vir Voornemende Studente is geleë te:
Victoriastraat 45
Stellenbosch
Kaart: Akademiese Ondersteuning »
(no 3 op die kaart)  
Interaktiewe Kampuskaart »

@ Maties nuusbrief
2009
no 1/2009
no 2/2009
no 3/ 2009
no 4/2009
2010
no 1/2010
no 2/2010
Terme en Voorwaardes(.pdf)
Alle regte voorbehou © 2007 - 2010 Stellenbosch Universiteit