September 10, 2010
Universiteit Stellenbosch
English

Bespreek jou plek vir Toegangstoetse HIER

Om toelating tot die Universiteit Stellenbosch te kry, moet jy die Universiteit se toegangstoetse (TGT's) skryf. Die enigste uitsondering is voornemende studente in MBChB, B in Arbeidsterapie, BSc in Fisioterapie en BSc in Dieetkunde, wat die Nasionale Gesondheidswetenskappe-plasingstoetse (GWPT's) skryf (meer inligting hieroor sal aan die betrokke studente gepos word of kan verkry word by www.nbt.ac.za ).

Let asseblief daarop dat die TGT's net van toepassing is op voorgraadse studente wat as nuweling-eerstejaars aan die Universiteit wil studeer.  Indien jy dus as 'n tweedejaar registreer, reeds gegradueer het en nou met 'n tweede graad begin of 'n nagraadse program gaan volg, hoef jy nie die TGT's af te lê nie.

Wat is my opsies indien ek nie toelating tot die Universiteit kry nie?
  • Indien jy nie toelating tot 'n program op grond van die fakulteitspesifieke toelatingsvereistes kry nie, is jy steeds welkom om die TGT's te skryf.  Jy sou byvoorbeeld vir toelating heroorweeg kon word indien jy jou programkeuse verander of, indien jy in graad 11 is, jou matriekpunte verbeter.  Skakel in so 'n geval direk met die Sentrum vir Voornemende Studente via epos: tgt@sun.ac.za of tel: 021 808 2923/4027 om 'n TGT bespreking te maak.
  • Indien jou TGT-resultate daartoe lei dat jy nie aan die basiese toelatingsvereistes van die Universiteit voldoen nie, sou jy ook jou TGT's in die daaropvolgende aansoekjaar kon herhaal ten einde jou punte te verbeter.
  • Daar is ook opsies om toelating tot alternatiewe toegangsroetes en programme (inbegrepe grondslag- en verlengde graadprogramme) te bekom. Besoek gerus die webtuiste vir die verlengde graadprogramme vir meer inligting.
  • Onderwysbenadeelde potensiële studente kan ook via hierdie alternatiewe roetes asook SciMathUS toegang verkry en, indien van toepassing, met die gespesialiseerde, addisionele steun en langer tydperk van studie sukses behaal.  SciMathUS is 'n tweede-kans-program met die fokus op Wiskunde, Fisiese Wetenskappe, asook Rekeningkunde.  Die akroniem, SciMathUS, staan vir "Science, Mathematics University Stellenbosch".

Vind meer uit oor hoe jou TGT-resultate gebruik word vir koshuistoelating


resultate
Bereken jou punt


Terme en Voorwaardes (.pdf)
Alle regte voorbehou © 2007 - 2010 Universiteit Stellenbosch