|
|
BELANGRIKE KENNISGEWING
Wysiging van Toelatingsvereistes vir 2011
Die Raad van die Universiteit het op 14 Junie 2010 sekere toelatingsvereistes van voorgraadse programme in die Fakulteite Lettere en Sosiale Wetenskappe, Natuurwetenskappe, AgriWetenskappe en Ekonomiese en Bestuurswetenskappe verhoog, om reeds van toepassing te wees op voornemende studente wat aan die einde van 2010 hulle skooleindeksamens aflę. Die verhoging in die Wiskundevereiste van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe beďnvloed ook die toelatingsvereistes van sekere programme in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe. Met hierdie dokument bring die Universiteit hierdie verhoogde toelatingsvereistes waaraan u by registrasie as student in Januarie 2011 sal moet voldoen om te mag registreer vir die graadprogram waartoe u voorwaardelik toegelaat is/word, onder u aandag. Hierdie dokument is gevolglik aanvullend tot die toelatingsvereisted soos dit op die webbladsy by die bogemelde fakulteite se programme aangedui word, asook tot die toelatingsvereistes soos gepubliseer in die2010- jaarboeke van bogemelde fakulteite.
|
 |