Inligting vir studente
Stellenbosch Universiteit gee om vir sy eerstejaars en wil elke student ondersteun om akademiese sukses te behaal. Uniek aan Universiteit Stellenbosch is die Eerstejaarsakademie (EA), 'n inisiatief wat spesifiek fokus op sukses in die eerste jaar. Die EA behels 'n groot verskeidenheid aktiwiteite wat doelmatig gekoördineer word. Van die dag wat jy by die Universiteit aankom, sal jy met die EA kennis maak.
Algemene dienste
Studentesake
Die Afdeling bied aan studente advies en ondersteuning, veral oor die groot verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite op kampus.
Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling
Hierdie Sentrum ondersteun studente met hulle sielkundige ontwikkeling en welwees. Dit word gedoen deur die medewerking van spesialiste uit verskeie terreine van die Sielkunde en verwante dissiplines. Die Sentrum lewer ook steun aan studente wat vind dat hulle onseker is oor hulle studierigting en bied ook werkswinkels soos studievaardighede of stresbeheer aan. Die werkswinkels is deel van ons deurlopende program vir "Akademiese Leiding en Fasilitering vir Aanpassing"
Sentrum vir Studentegemeenskappe
Akademiese Dienste
Biblioteekdiens
Die diens bestaan uit die sentrale biblioteek (die JS Gericke Biblioteek), vyf tak- en satellietbiblioteke en 'n aantal departementele versamelings.
Taalsentrum
Die Universiteit se Taalsentrum verskaf taalondersteuning en -dienste volgens die Universiteit se Taalbeleid en -plan. Die Sentrum bestaan uit vyf eenhede: die Eenheid vir Afrikaans en Engels, die Eenheid vir isiXhosa, die Eenheid vir Dokumentontwerp, die Skryflaboratorium en die Taaldiens. Hierdie eenhede is daar om jou te help, veral op die gebiede soos akademiese geletterdheid, professionele kommunikasie en die ontwikkeling van skryfvaardighede. Die Taalsentrum bied ook ‘n taaldiens aan.
Gesondheidsdienste
Kampussekuriteit
'n Omvattende mediese diens vir die kampusgemeenskap word te Claassenstraat 7 in Stellenbosch, tussen Metanoia en Heemstede, gehuisves. Diensure: Weeksdae 08:00 - 17:00. Tel: 021 808 3496. Koste word gehef teen die minimum ingekontrakteerde tarief
US Gymnasium
Sportsgeneeskundediens (SUSPI)
'n Sportgeneeskundediens, wat sportdokters, fisioterapeute, biokinetici en sportwetenskaplikes insluit, word deur die Stellenbosch Universiteit Sportprestasie-instituut (SUSPI) op Coetzenburg aangebied. Die kantoor is geleë langs die Universiteit se gimnasium.
Beskermingsdienste
Risikobestuur en Kampussekuriteit
Risikobestuur en Kampussekuriteit is 'n universiteitsafdeling wat interne sekuriteits- en veiligheidsdienste op die Stellenbosch-, Tygerberg- en Bellvillepark-kampus lewer. Ons lewer ook 'n ondersteuningsdiens met brand- en noodontruimingoefeninge aan alle universiteitsomgewings en koshuise. Ons dienssentrums word 24 uur per dag beman en is die aanmeldingspunte vir insidente soos diefstal, betreding en aanranding. Hulle dien ook as algemene inligtingsentrums.
IT Dienste
Studenteliggame
Studenteraad
Akademiese Belangeraad
Dienste op Tygerberg Kampus





