Privaat verblyf

Ten spyte van die groot aantal plekke wat vir studente in die Universiteitskoshuise, -woonstelle of -huise beskikbaar is, is daar nogsteeds nie genoeg plek vir almal wat graag plek wil hê nie. Vir studente wat nie plek in Universiteitsbehuising kry nie, is 'n ander moontlikheid om óf privaat te loseer óf in 'n woonstel in die dorp te bly.

Volgens 'n Raadsbesluit van die Universiteit, moet elke student wat privaat loseer by die Privaat Studenteorganisasie (PSO) aansluit en die ledegeld betaal. PSO is die verkorting van Privaat Studente Organisasie - die assosiasie wat verantwoordelik is om studente wat nie in Universiteitsbehuising tuis gaan nie, in staat te stel om, net soos die koshuisstudente, deel te wees van die studentelewe op die kampus.

Dit is elke student se eie verantwoordelikheid om geskikte akkommodasie te vind. 

Doen gerus navraag oor privaat verblyf by Studentehuisvesting

Mev Elmarie Eygelaar

Tel: +27 21 808-2848

Sentrum vir Studentegemeenskappe

Vir interne gebruikers:

Open asseblief u inet-key om optimale gebruik te verseker